Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Eksodus 22:29
    Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
    • 29 “Jou volle opbrengs en die oorvloed van jou parskuip mag jy nie aarselend gee nie.+ Die eersgeborene van jou seuns moet jy aan my gee.+

  • 1 Kronieke 29:17
    Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
    • 17 En ek weet goed, o my God, dat u ’n ondersoeker van die hart is+ en dat u in opregtheid behae skep.+ Wat my betref, ek het in die opregtheid van my hart al hierdie dinge vrywillig gegee, en nou het ek dit geniet om te sien hoe u volk, wat hier aanwesig is, vrywillige gawes aan u gee.

  • Spreuke 11:25
    Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
    • 25 Die vrygewige siel sal vet gemaak word,+ en wie ander ryklik verkwik, sal ook ryklik verkwik word.+

  • Handelinge 20:35
    Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
    • 35 Ek het in alles vir julle getoon dat julle deur so te arbei+ die swakkes moet bystaan+ en die woorde van die Here Jesus in gedagte moet hou, toe hy self gesê het: ‘Dit verskaf groter geluk om te gee+ as om te ontvang.’”

  • Romeine 12:8
    Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
    • 8 of hy wat vermaan, laat hy hom toelê op sy vermaning;+ hy wat uitdeel, laat hy dit doen met milddadigheid;+ hy wat die leiding neem,+ laat hy dit doen in alle erns; hy wat barmhartigheid bewys,+ laat hy dit doen met blymoedigheid.

  • Hebreërs 13:16
    Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
    • 16 Moet bowendien nie vergeet om goed te doen+ en mededeelsaam te wees nie, want sulke offerandes is vir God welbehaaglik.+

Afrikaanse publikasies (1975-2023)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2023 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privacy Settings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel