-
Deuteronomium 30:16Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
-
-
16 As jy luister na die gebooie van Jehovah jou God, wat ek jou vandag beveel, om Jehovah jou God lief te hê,+ in sy weë te wandel en sy gebooie+ en sy insettinge en sy regterlike beslissings te onderhou,+ dan sal jy sekerlik bly lewe+ en vermenigvuldig, en Jehovah jou God sal jou seën in die land waarheen jy gaan om dit in besit te neem.+
-
-
Nehemia 9:29Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif
-
-
29 Hoewel u teen hulle getuig het+ om hulle na u wet+ terug te bring, het hulle vermetel gehandel+ en nie na u gebooie geluister nie; en hulle het teen u regterlike beslissings+ gesondig,+ waardeur ’n mens, as hy dit nakom, ook sal lewe.+ En hulle het voortdurend ’n wederstrewige skouer gebied,+ en hulle nek het hulle verhard,+ en hulle het nie geluister nie.+
-