18 En daarom sal Jehovah vol verwagting daarna uitsien om aan julle guns te betoon,+ en daarom sal hy opstaan om aan julle barmhartigheid te bewys.+ Want Jehovah is ’n God van oordeel.+ Gelukkig+ is almal wat in afwagting van hom bly.+
3 Want die visioen is nog vir die vasgestelde tyd,+ en dit beweeg hygend voort na die einde, en dit sal geen leuen vertel nie. Al sou dit talm, bly in afwagting daarvan; want dit sal vir seker uitkom.+ Dit sal nie laat wees nie.