-
Genesis 41:15, 16Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
15 Toe het Farao vir Josef gesê: “Ek het ’n droom gehad, maar daar is niemand wat vir my kan sê wat dit beteken nie. En hulle vertel my as jy net hoor wat iemand gedroom het, kan jy sê wat dit beteken.”+ 16 Josef het Farao geantwoord: “My opinie is nie belangrik nie. God sal vir Farao goeie nuus gee.”+
-
-
Daniël 2:45Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
45 Dit sal wees net soos u gesien het: Die klip wat uit die berg gekap is, maar nie deur mensehande nie, het die yster, die koper, die klei, die silwer en die goud verpletter.+ Die Groot God het aan die koning bekend gemaak wat in die toekoms sal gebeur.+ Die droom is waar, en die betekenis daarvan is betroubaar.”
-