-
Genesis 26:24, 25Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
24 Daardie nag het Jehovah aan hom verskyn en gesê: “Ek is die God van jou pa, Abraham.+ Moenie bang wees nie,+ want ek is met jou, en ek sal jou seën en jou nageslag* vermeerder ter wille van my kneg Abraham.”+ 25 Hy het dus ’n altaar daar gebou en die naam van Jehovah aangeroep.+ Isak het sy tent daar opgeslaan,+ en sy knegte het ’n put daar gegrawe.
-