-
Eksodus 27:1-8Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
27 “Jy moet die altaar van akasiahout maak.+ Dit moet vyf el* lank en vyf el breed wees. Die altaar moet vierkantig en drie el hoog wees.+ 2 Jy moet horings+ op die vier hoeke maak. Die horings moet deel wees van die altaar, en jy moet die altaar met koper oortrek.+ 3 Jy moet emmers maak om die as* te verwyder, sowel as grawe, bakke, vurke en vuurbakke, en jy moet al die voorwerpe van koper maak.+ 4 Jy moet ’n rooster vir die altaar maak, ’n netwerk van koper, met vier koperringe aan die vier hoeke van die rooster. 5 Dit moet onder die rand van die altaar wees, binne-in die altaar, omtrent halfpad ondertoe. 6 Jy moet pale van akasiahout vir die altaar maak en dit met koper oortrek. 7 Die pale moet in die ringe gesteek word, sodat die pale aan die twee kante van die altaar sal wees wanneer dit gedra word.+ 8 Die altaar moet soos ’n kis van planke wees wat hol is aan die binnekant. Dit moet gemaak word net soos Hy vir jou op die berg gewys het.+
-