Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Eksodus 4:21
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 21 Jehovah het toe vir Moses gesê: “Nadat jy na Egipte teruggekeer het, moet jy sorg dat jy al die wonderwerke voor Farao doen wat ek jou die krag gegee het om te doen.+ Maar ek sal toelaat dat hy hardkoppig word,*+ en hy sal die volk nie wegstuur nie.+

  • Eksodus 7:13
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 13 Tog het Farao hardkoppig geword,*+ en hy het nie na hulle geluister nie, net soos Jehovah gesê het.

  • Eksodus 7:22
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 22 Maar die towerpriesters van Egipte het dieselfde met hulle geheime kunste gedoen,+ en Farao het hardkoppig gebly,* en hy het nie na hulle geluister nie, net soos Jehovah gesê het.+

  • Eksodus 8:15
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 15 Toe Farao sien dat daar verligting is, het hy sy hart verhard,+ en hy het geweier om na hulle te luister, net soos Jehovah gesê het.

  • Eksodus 8:19
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 19 Die towerpriesters het dus vir Farao gesê: “Dit is die vinger van God!”+ Maar Farao het hardkoppig gebly,* en hy het nie na hulle geluister nie, net soos Jehovah gesê het.

  • Eksodus 9:12
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 12 Maar Jehovah het toegelaat dat Farao hardkoppig word,* en Farao het nie na hulle geluister nie, net soos Jehovah vir Moses gesê het.+

  • Eksodus 9:35
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 35 En Farao het hardkoppig gebly,* en hy het nie die Israeliete weggestuur nie, net soos Jehovah deur Moses gesê het.+

  • Eksodus 10:20
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 20 Maar Jehovah het toegelaat dat Farao hardkoppig word,*+ en hy het die Israeliete nie weggestuur nie.

  • Eksodus 10:27
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 27 Maar Jehovah het toegelaat dat Farao hardkoppig word,* en hy wou hulle nie wegstuur nie.+

  • Eksodus 11:10
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 10 Moses en Aäron het al hierdie wonderwerke voor Farao gedoen,+ maar Jehovah het toegelaat dat Farao hardkoppig word,* en hy het die Israeliete nie uit sy land weggestuur nie.+

  • Eksodus 14:8
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 8 Jehovah het toegelaat dat Farao, die koning van Egipte, hardkoppig word,* en Farao het die Israeliete agternagesit terwyl die Israeliete vol vertroue* uitgegaan het.+

  • Romeine 9:17, 18
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 17 Want die Skrifgedeelte sê vir Farao: “Om dié rede het ek jou toegelaat om te bly lewe: sodat ek my krag deur jou kan wys en sodat my naam oor die hele aarde bekend gemaak kan word.”+ 18 So toon hy dan genade aan wie hy wil, maar hy laat hardkoppig word wie hy wil.+

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel