21 Jehovah het voor hulle uit gegaan, in die dag in ’n wolkkolom om hulle op die pad te lei+ en in die nag in ’n vuurkolom om vir hulle lig te gee, sodat hulle in die dag en in die nag kon reis.+
19 Toe Korag sy ondersteuners+ teen hulle bymekaargebring het by die ingang van die tent van samekoms, het Jehovah se heerlikheid aan die hele gemeenskap van Israel verskyn.+
5 Terwyl hy nog gepraat het, kyk! toe het ’n helder wolk oor hulle gekom, en ’n stem het uit die wolk gesê: “Dit is my Seun, die geliefde, wat ek goedgekeur het.+ Luister na hom.”+