-
Eksodus 33:1, 2Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
33 Jehovah het verder vir Moses gesê: “Vertrek van hier af, jy en die volk wat jy uit Egipte uitgelei het. Gaan na die land wat ek aan Abraham, Isak en Jakob met ’n eed belowe het deur te sê: ‘Ek sal dit aan julle nageslag* gee.’+ 2 Ek sal ’n engel voor julle uit stuur+ en die Kanaäniete, die Amoriete, die Hetiete, die Perissiete, die Hewiete en die Jebusiete verdryf.+
-
-
Deuteronomium 7:1Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
7 “Wanneer Jehovah julle God julle in die land inbring waarheen julle op pad is en wat julle in besit sal neem,+ sal hy groot nasies voor julle uit verdryf:+ die Hetiete, die Girgasiete, die Amoriete,+ die Kanaäniete, die Perissiete, die Hewiete en die Jebusiete,+ sewe nasies wat groter en magtiger is as julle.+
-
-
Nehemia 9:7, 8Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
7 U is Jehovah, die ware God, wat Abram uitgekies het+ en hom uit Ur+ van die Galdeërs uitgelei het en hom die naam Abraham gegee het.+ 8 U het gesien dat sy hart getrou is voor u,+ en daarom het u ’n verbond met hom gemaak om die land van die Kanaäniete, die Hetiete, die Amoriete, die Perissiete, die Jebusiete en die Girgasiete aan hom en aan sy nakomelinge* te gee.+ En u het u beloftes gehou omdat u regverdig is.
-