-
Eksodus 39:22-26Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
22 Toe het hy die moulose oorkleed van die efod geheel en al van blou garing gemaak, die werk van ’n wewer.+ 23 Die opening van die moulose oorkleed was in die middel daarvan, soos die opening van ’n pantser.* Die opening het ’n rand rondom gehad sodat dit nie sou skeur nie. 24 Daarna het hulle aan die soom van die moulose oorkleed granaatjies gemaak van blou garing, pers wol en helderrooi materiaal, wat inmekaargedraai was. 25 En hulle het klokkies van suiwer goud gemaak en die klokkies tussen die granaatjies gesit, reg rondom die soom van die moulose oorkleed. 26 Hulle het die klokkies en die granaatjies afgewissel, ’n klokkie en dan ’n granaatjie, reg rondom die soom van die moulose oorkleed wat vir die diens gebruik is, net soos Jehovah Moses beveel het.
-