-
Deuteronomium 4:15-18Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
15 “Op die dag toe Jehovah by Horeb uit die vuur met julle gepraat het, het julle niemand gesien nie. Daarom moet julle versigtig wees 16 dat julle nie goddeloos optree deur vir julle ’n beeld in die vorm van enigiets te maak nie – nie ’n beeld van ’n man of ’n vrou,+ 17 ’n beeld van enige dier op die aarde of ’n beeld van enige voël wat in die lug vlieg,+ 18 ’n beeld van enigiets wat op die aarde kruip of ’n beeld van enige vis wat in die waters op die aarde is nie.+
-