-
Eksodus 30:34-36Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
34 Toe het Jehovah vir Moses gesê: “Neem gelyke hoeveelhede van die volgende bestanddele:+ staktedruppels,* onika,* geurige galbanum en suiwer wierook. 35 Maak reukwerk+ daarvan. Die bestanddele moet met vaardigheid gemeng word* en moet gesout wees.+ Dit moet suiwer en heilig wees. 36 Jy moet ’n deel daarvan tot fyn poeier stamp en ’n deel daarvan voor die Getuienis in die tent van samekoms sit, waar ek aan jou sal verskyn. Dit moet vir julle besonder heilig wees.
-
-
Openbaring 8:3-5Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
3 ’n Ander engel het daar aangekom en by die altaar+ gaan staan met ’n goue reukwerkhouer.*+ ’n Groot hoeveelheid reukwerk is vir hom gegee om saam met die gebede van al die heiliges op die goue altaar+ te offer wat voor die troon was. 4 Die rook van die reukwerk het saam met die gebede+ van die heiliges uit die hand van die engel voor God opgegaan. 5 Maar die engel het dadelik die reukwerkhouer geneem, en hy het van die vuur van die altaar daarin gesit en dit na die aarde gegooi. En daar was donderslae en stemme en weerligstrale+ en ’n aardbewing.
-