44 Want ek is Jehovah julle God,+ en julle moet julle heilig en julle moet heilig word,+ want ek is heilig.+ Daarom mag julle julle nie onrein maak deur enige dier wat op die aarde kruip nie.
15 Maar word ook heilig in al julle gedrag,+ soos die Heilige wat julle geroep het, 16 want daar is geskryf: “Julle moet heilig wees, want ek is heilig.”+
8 En die vier lewende wesens het elkeen ses vlerke gehad. Die vlerke was reg rondom en aan die onderkant vol oë.+ En dag en nag sê hulle aanhoudend: “Heilig, heilig, heilig is Jehovah*+ God, die Almagtige, wat was en wat is en wat kom.”+