Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Eksodus 22:18
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 18 “Jy mag ’n towenares nie laat lewe nie.+

  • Levitikus 19:31
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 31 “‘Moenie hulp gaan soek by mense wat geeste oproep* nie,+ en moenie fortuinvertellers gaan sien+ en julle onrein maak deur middel van hulle nie. Ek is Jehovah julle God.

  • Levitikus 20:6
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 6 “‘As iemand ontrou is aan my* deur hulp te gaan soek by mense wat geeste oproep*+ en by die fortuinvertellers,+ sal ek daardie persoon beslis verwerp en hom onder sy volk uitroei.+

  • Deuteronomium 18:10-12
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 10 Die volgende mag nooit onder julle gevind word nie: enigiemand wat sy seun of sy dogter as ’n offerande in die vuur verbrand,*+ enigiemand wat van waarsêery gebruik maak,+ enigiemand wat toorkuns beoefen,+ enigiemand wat na tekens* soek,+ ’n towenaar,+ 11 enigiemand wat ’n towerspreuk oor ander uitspreek, enigiemand wat hulp gaan soek by ’n persoon wat geeste oproep*+ of by ’n fortuinverteller+ of enigiemand wat die dooies raadpleeg.+ 12 Want enigiemand wat hierdie dinge doen, is afskuwelik vir Jehovah, en weens hierdie afskuwelike gebruike verdryf Jehovah julle God hulle voor julle uit.

  • Openbaring 21:8
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 8 Maar die lafaards en dié sonder geloof+ en dié wat walglik is in hulle vuilheid en moordenaars+ en seksueel onsedelike* mense+ en dié wat spiritisme beoefen en afgodedienaars en al die leuenaars+ sal in die poel gegooi word wat met vuur en swael brand.+ Dit beteken die tweede dood.”+

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel