-
Levitikus 27:9, 10Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
9 “‘As ’n gelofte gemaak word om ’n geskikte dier vir Jehovah te offer, sal wat ook al vir Jehovah gegee word, iets heiligs word. 10 Hy mag dit nie vervang of dit omruil, goed vir sleg of sleg vir goed nie. Maar as hy dit omruil, een dier vir ’n ander, sal die oorspronklike dier sowel as die een wat in ruil daarvoor gegee is, iets heiligs word.
-