-
Deuteronomium 2:30-35Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
30 Maar koning Sihon van Hesbon het ons nie deur sy gebied laat trek nie, want Jehovah julle God het toegelaat dat hy hardkoppig word+ en dat sy hart verhard, sodat Hy hom in julle hand kon gee, soos vandag die geval is.+
31 “Toe het Jehovah vir my gesê: ‘Kyk, ek het reeds begin om Sihon en sy land aan julle oor te gee. Begin om sy land in besit te neem.’+ 32 Toe Sihon saam met sy hele leërmag uitkom om by Jahas teen ons te veg,+ 33 het Jehovah ons God hom aan ons oorgegee, sodat ons hom, sy seuns en sy hele leërmag verslaan het. 34 Ons het toe al sy stede ingeneem en elke stad vernietig, insluitende die mans, vrouens en kinders. Ons het niemand laat bly lewe nie.+ 35 Ons het net die vee vir ons geneem, saam met die buit wat ons gevat het uit die stede wat ons ingeneem het.
-
-
Rigters 11:19, 20Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
19 “‘Daarna het Israel boodskappers na koning Sihon van die Amoriete, die koning van Hesbon, gestuur, en Israel het vir hom gesê: “Laat ons asseblief deur u land na ons eie plek trek.”+ 20 Maar Sihon het Israel nie vertrou nie en het nie toegelaat dat hulle deur sy gebied trek nie. Daarom het Sihon al sy manne bymekaar laat kom en in Jahas kamp opgeslaan en teen Israel geveg.+
-