13 Daarom het Jehovah woedend geword vir Israel, en hy het hulle 40 jaar+ lank in die wildernis laat rondswerf, totdat die hele geslag wat gedoen het wat sleg is in Jehovah se oë, aan hulle einde gekom het.+
38 En die priester Aäron het op bevel van Jehovah teen die berg Hor opgeklim, en hy het daar gesterf in die 40ste jaar nadat die Israeliete Egipte verlaat het, in die vyfde maand, op die eerste van die maand.+