Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Eksodus 17:2
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 2 Die volk het dus met Moses begin stry+ en gesê: “Gee vir ons water om te drink.” Maar Moses het vir hulle gesê: “Hoekom stry julle met my? Hoekom hou julle aan om Jehovah te toets?”+

  • Numeri 11:4
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 4 Die gemengde skare*+ wat onder hulle was, het toe selfsugtige begeertes+ uitgespreek, en die Israeliete het ook begin huil en gesê: “Wie sal vir ons vleis gee om te eet?+

  • Numeri 16:1, 2
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 16 Toe het Korag,+ die seun van Jishar,+ die seun van Kehat,+ die seun van Levi,+ in opstand gekom saam met Datan en Abiʹram, die seuns van Eliʹab,+ en On, die seun van Pelet, uit die stam van Ruben.+ 2 Hulle het teen Moses in opstand gekom saam met 250 Israelitiese manne, hoofmanne van die gemeenskap, manne wat uit die gemeente uitgekies was, belangrike manne.

  • Numeri 25:2, 3
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 2 Die vrouens het die volk na die offerandes van hulle gode genooi,+ en die volk het begin eet en voor hulle gode neergebuig.+ 3 So het Israel die Baäl van Peor saam met hulle begin aanbid,*+ en Jehovah het woedend geword vir Israel.

  • Deuteronomium 31:27
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 27 Want ek weet goed dat julle opstandig+ en hardkoppig+ is. As julle so opstandig teen Jehovah is terwyl ek nog lewe en by julle is, hoeveel opstandiger sal julle dan nie ná my dood wees nie!

Afrikaanse publikasies (1975-2027)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel