-
Eksodus 19:19Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
19 Terwyl die geluid van die horing al hoe harder geword het, het Moses gepraat, en die stem van die ware God het hom geantwoord.
-
-
Deuteronomium 4:10-13Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
10 Op die dag toe julle voor Jehovah julle God in Horeb gestaan het, het Jehovah vir my gesê: ‘Laat die volk voor my bymekaarkom sodat ek hulle my woorde kan laat hoor,+ sodat hulle kan leer om my te vrees+ al die dae dat hulle op die aarde lewe en sodat hulle hulle kinders kan leer.’+
11 “Toe het julle nader gekom en aan die voet van die berg gaan staan, en die berg het gebrand met vuur wat tot in die hemel opgegaan het. Daar was duisternis en digte, donker wolke.+ 12 En Jehovah het uit die vuur met julle begin praat.+ Julle het die geluid van woorde gehoor, maar julle het niemand gesien nie+ – daar was net ’n stem.+ 13 En hy het sy verbond aan julle bekend gemaak,+ wat hy julle beveel het om na te kom – die Tien Gebooie.*+ Daarna het hy dit op twee kliptablette geskryf.+
-