Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Eksodus 23:27
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 27 “Ek sal sorg dat die volke wat julle gaan teëkom, vir my bang sal wees+ nog voordat julle daar aankom, en ek sal hulle verwar, en ek sal sorg dat al julle vyande verslaan word en van julle af wegvlug.+

  • Josua 2:9, 10
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 9 Sy het vir hulle gesê: “Ek weet dat Jehovah die land aan julle sal gee+ en dat die vrees vir julle ons oorweldig het.+ Al die inwoners van die land het moed verloor as gevolg van julle,+ 10 want ons het gehoor hoe Jehovah die water van die Rooisee voor julle laat opdroog het toe julle Egipte verlaat het+ en wat julle gedoen het aan Sihon+ en Og,+ die twee konings van die Amoriete, wat julle aan die ander kant* van die Jordaanrivier vernietig het.

  • Josua 5:1
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 5 Toe al die konings van die Amoriete+ wat aan die westekant van die Jordaanrivier* was en al die konings van die Kanaäniete+ wat by die see was, gehoor het dat Jehovah die water van die Jordaanrivier voor die Israeliete laat opdroog het sodat hulle kon deurgaan, het hulle baie bang geword,*+ en hulle het heeltemal moed verloor* as gevolg van die Israeliete.+

Afrikaanse publikasies (1975-2026)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel