17 Die stad en alles daarin moet vernietig word.+ Dit alles behoort aan Jehovah. Net Ragab,+ die prostituut, mag bly lewe, sy en almal wat saam met haar in die huis is, omdat sy die spioene weggesteek het wat ons uitgestuur het.+
28 Op daardie dag het Josua Makkeʹda+ ingeneem en die inwoners daarvan met die swaard doodgemaak. Hy het die stad se koning en al die inwoners vernietig sonder om ’n enkele oorlewende te laat oorbly.+ Hy het met die koning van Makkeʹda+ gedoen net soos hy met die koning van Jeʹrigo gedoen het.
11 Hulle het al die inwoners* daarvan met die swaard doodgemaak en hulle heeltemal vernietig.+ Niks wat asemhaal, is gespaar nie.+ Toe het hy Hasor afgebrand.