-
1 Samuel 4:3Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
3 Toe die manne na die kamp teruggekeer het, het die ouermanne van Israel gesê: “Hoekom het Jehovah toegelaat dat ons vandag deur die Filistyne verslaan word?*+ Laat ons die ark van Jehovah se verbond uit Silo+ saam met ons neem, sodat dit by ons kan wees en sodat dit ons uit die hand van ons vyande kan red.”
-
-
Handelinge 7:44, 45Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
44 “Ons voorvaders het die tent van die getuienis in die wildernis gehad. God het Moses beveel om dit te maak volgens die voorbeeld wat hy gesien het.+ 45 En ons voorvaders het dit ontvang en dit saam met Josua ingebring in die land van die nasies,+ wat God voor ons voorvaders uitgedryf het.+ Dit het tot die dae van Dawid hier gebly.
-