Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Genesis 15:18
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 18 Op daardie dag het Jehovah ’n verbond met Abram gemaak+ en gesê: “Aan jou nageslag* sal ek hierdie land gee,+ van die rivier van Egipte af tot by die groot rivier, die Eufraatrivier:+

  • Eksodus 23:31
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 31 “Ek sal julle grens vasstel van die Rooisee af tot by die see van die Filistyne en van die wildernis af tot by die Rivier,*+ want ek sal die inwoners van die land in julle hand gee, en julle sal hulle voor julle uit verdryf.+

  • Numeri 34:2, 3
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 2 “Gee die Israeliete hierdie instruksies: ‘Wanneer julle in die land Kanaän ingaan,+ moet dít die grense wees van die land wat julle as ’n erfdeel sal ontvang:+

      3 “‘Julle suidelike grens moet van die wildernis Zin af langs Edom strek, en aan die oostekant moet julle suidelike grens by die verste punt van die Soutsee* begin.+

  • Deuteronomium 1:7
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 7 Vertrek en gaan na die bergstreek van die Amoriete+ en na al die omliggende gebiede: die Aʹraba,+ die bergstreek, die Sjefeʹla, die Negeb en die seekus.+ Gaan na die land van die Kanaäniete. Gaan tot by die Liʹbanon-berge+ en die groot rivier, die Eufraatrivier.+

  • Josua 15:1
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 15 Die land wat aan die families van die stam van Juda toegewys is,*+ het gestrek tot by die grens van Edom,+ die wildernis Zin, tot by die suidelike punt van die Negeb.

  • Josua 15:4
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 4 Toe het dit verder gestrek na Asmon+ en na die Vallei* van Egipte,+ en die grens het geëindig by die See.* Dit was hulle suidelike grens.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel