-
Josua 1:3-5Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
3 Ek sal vir julle elke plek gee waarop julle julle voet neersit, net soos ek Moses belowe het.+ 4 Julle gebied sal strek van die wildernis tot by die Liʹbanon en tot by die groot rivier, die Eufraatrivier – die hele land van die Hetiete+ – en tot by die Grootsee* in die weste.*+ 5 Niemand sal jou kan oorwin solank as wat jy lewe nie.+ Net soos ek met Moses was, sal ek met jou wees.+ Ek sal jou nie in die steek laat of jou verlaat nie.+
-