-
Deuteronomium 13:5Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
5 Maar daardie profeet of daardie dromer moet doodgemaak word,+ want hy het julle aangehits om teen Jehovah julle God in opstand te kom. Hy wou julle laat afwyk van die weg wat Jehovah julle God, wat julle uit Egipte uitgelei en julle uit die huis van slawerny verlos het, julle beveel het om te volg. En julle moet wat sleg is, onder julle uit verwyder.+
-
-
Deuteronomium 17:2-5Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
2 “Sê nou daar word in een van julle stede wat Jehovah julle God aan julle gee, ’n man of ’n vrou onder julle gevind wat doen wat sleg is in die oë van Jehovah julle God en wat sy verbond verbreek.+ 3 Miskien het hy ’n verkeerde weg ingeslaan en ander gode aanbid en voor hulle of voor die son of die maan of die hele leërmag van die hemel neergebuig,+ iets wat ek nie beveel het nie.+ 4 Wanneer dit aan julle gerapporteer word of julle daarvan hoor, moet julle die saak deeglik ondersoek. As dit bevestig word+ dat hierdie afskuwelike ding in Israel gedoen is, 5 moet julle die man of die vrou wat hierdie slegte ding gedoen het, na die stadspoorte bring, en die man of die vrou moet met klippe doodgegooi word.+
-