-
Numeri 21:21-26Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
21 Israel het toe boodskappers na Sihon, die koning van die Amoriete, gestuur en gesê:+ 22 “Laat ons deur u land trek. Ons sal nie na enige landery of wingerd afdraai nie. Ons sal nie water uit enige put drink nie. Ons sal op die Koningsweg bly totdat ons deur u gebied getrek het.”+ 23 Maar Sihon het Israel nie toegelaat om deur sy gebied te trek nie. Sihon het eerder sy hele leërmag versamel en teen Israel in die wildernis opgetrek, en hy het by Jahas gekom en teen Israel begin veg.+ 24 Maar Israel het hom met die swaard oorwin+ en sy land in besit geneem+ van die Arnon+ af tot by die Jabbok,+ naby die Ammoniete, want Jaser+ grens aan die gebied van die Ammoniete.+
25 So het Israel al hierdie stede ingeneem, en hulle het in al die stede van die Amoriete+ begin woon, in Hesbon en al sy afhanklike* dorpe. 26 Want Hesbon was die stad van Sihon, die koning van die Amoriete, wat teen die koning van Moab geveg het en sy hele land tot by die Arnon van hom weggeneem het.
-