-
Deuteronomium 9:1-3Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
9 “Hoor, o Israel: Vandag trek julle deur die Jordaanrivier+ om ’n land in besit te neem met nasies wat groter en magtiger is as julle,+ met groot stede wat tot aan die hemel versterk is,*+ 2 met ’n volk wat groot en lank is, die kinders van die Enakiete,+ van wie julle gehoor het en van wie daar gesê word: ‘Wie kan teen die kinders van Enak staande bly?’ 3 Weet dus vandag dat Jehovah julle God voor julle uit sal gaan.+ Hy is ’n verterende vuur,+ en hy sal hulle vernietig. Hy sal hulle voor julle oë onderwerp sodat julle hulle vinnig kan verdryf en vernietig, net soos Jehovah julle belowe het.+
-