-
1 Kronieke 21:8-13Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
8 Toe het Dawid vir die ware God gesê: “Ek het ’n baie groot sonde gepleeg.+ Vergewe nou asseblief u kneg se oortreding,+ want ek het baie onverstandig opgetree.”+ 9 Jehovah het toe vir Gad,+ Dawid se siener, gesê: 10 “Gaan sê vir Dawid: ‘Dít is wat Jehovah sê: “Ek gee jou drie opsies. Kies die een wat ek oor jou moet bring.”’” 11 Toe het Gad na Dawid gegaan en vir hom gesê: “Dít is wat Jehovah sê: ‘Ek gee jou ’n keuse: 12 Moet daar drie jaar lank hongersnood+ wees of moet jy drie maande lank deur jou vyande verslaan word terwyl die swaard van jou vyande jou inhaal+ of moet die swaard van Jehovah – ’n vreeslike siekte+ – drie dae lank oor die land kom, waartydens Jehovah se engel vernietiging+ in die hele gebied van Israel bring?’ Dink nou mooi na oor watter antwoord ek vir die Een moet gee wat my gestuur het.” 13 Toe het Dawid vir Gad gesê: “Ek weet nie watter kant toe nie. Laat my asseblief in Jehovah se hande val, want hy is baie genadig,+ maar moenie dat ek in mense se hande val nie.”+
-