-
2 Samuel 8:10-12Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
10 Daarom het Toï sy seun Joram na koning Dawid toe gestuur om sy groete oor te dra en hom geluk te wens omdat hy Hadadeʹser verslaan het (want Hadadeʹser het dikwels teen Toï geveg). Hy het voorwerpe van silwer, goud en koper saamgebring. 11 Koning Dawid het dit vir Jehovah geheilig, net soos hy gedoen het met die silwer en die goud wat hy geneem het van al die nasies wat hy onderwerp het:+ 12 van Sirië en Moab,+ van die Ammoniete, die Filistyne,+ die Amalekiete+ en van Hadadeʹser,+ die seun van Rehob, die koning van Soba.
-