-
2 Kronieke 10:12-15Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
12 Jeroʹbeam en die hele volk het op die derde dag na Rehaʹbeam toe gegaan, want die koning het gesê: “Kom oor drie dae na my toe terug.”+ 13 Maar die koning het hulle ’n harde antwoord gegee. Koning Rehaʹbeam het die raad van die ouer mans* dus verwerp. 14 Hy het die raad van die jong mans gevolg en vir die volk gesê: “Ek sal julle juk swaarder maak, en ek sal dit nog erger maak. My pa het julle met die sweep gestraf, maar ek sal julle met die gésel* straf.” 15 Die koning het nie na die volk geluister nie, want die ware God het dinge so laat verloop.+ Dit was sodat die woorde vervul kon word wat Jehovah deur middel van Ahiʹa,+ die Siloniet, vir Jeroʹbeam, die seun van Nebat, gesê het.
-