-
1 Konings 21:4Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
4 Toe het Agab in sy huis ingegaan, en hy was ontsteld en mismoedig omdat Nabot, die Jisreëliet, gesê het: “Ek sal nie die erfdeel van my voorvaders vir u gee nie.” Toe het hy op sy bed gaan lê met sy gesig na die muur en geweier om te eet.
-
-
1 Konings 21:20-22Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
20 Agab het vir Eliʹa gesê: “My vyand,+ jy het my toe gekry!” Hy het geantwoord: “Ek het u gekry. God het gesê: ‘Omdat jy vasbeslote is om te doen wat sleg is in die oë van Jehovah,+ 21 sal ek rampspoed oor jou bring, en ek sal jou uitroei en elkeen wat manlik* is van die huis van Agab uitwis,+ insluitende die hulpeloses en die swakkes in Israel.+ 22 En ek sal jou huis maak soos die huis van Jeroʹbeam,+ die seun van Nebat, en soos die huis van Baäsa,+ die seun van Ahiʹa, want jy het my baie kwaad gemaak en jy het Israel laat sondig.’
-