21 Daarna het Jehu ’n boodskap deur die hele Israel gestuur, en al die aanbidders van Baäl het gekom. Daar was nie een wat nie gekom het nie. Hulle het in die tempel van Baäl+ ingegaan, en die tempel van Baäl was vol van hoek tot kant.
27 Hulle het die heilige pilaar+ van Baäl afgebreek. Hulle het ook die tempel van Baäl+ afgebreek en openbare toilette daarvan gemaak, en dit is vandag nog so.