-
2 Konings 4:32-35Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
32 Toe Eliʹsa in die huis ingaan, het die seun dood op sy bed gelê.+ 33 Hy het ingegaan en die deur agter hulle twee toegemaak en tot Jehovah begin bid.+ 34 Daarna het hy op die bed geklim en oor die kind gaan lê en sy mond op die seun se mond, sy oë op die seun se oë en sy palms op die seun se palms gesit en oor hom gebuig gebly, en die kind se liggaam het begin warm word.+ 35 Toe het hy heen en weer in die huis geloop, en daarna het hy weer op die bed geklim en oor hom gebuig. Die seun het sewe keer genies, en daarna het hy sy oë oopgemaak.+
-