-
2 Kronieke 21:16, 17Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
16 Toe het Jehovah veroorsaak+ dat die Filistyne+ en die Arabiere+ wat naby die Etiopiërs gewoon het, vyande van Joram word. 17 Hulle het Juda binnegedring en dit aangeval. Hulle het alles wat in die koning se paleis was,+ en ook sy seuns en sy vrouens, geneem. Die enigste seun wat oorgebly het, was Joʹahas,*+ sy jongste seun.
-
-
2 Kronieke 22:1, 2Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
22 Toe het die inwoners van Jerusalem Joram se jongste seun, Ahaʹsia, in sy plek koning gemaak, want die rowerbende wat saam met die Arabiere na die kamp gekom het, het al Ahaʹsia se ouer broers doodgemaak.+ So het Ahaʹsia, die seun van Joram, as koning oor Juda begin regeer.+ 2 Ahaʹsia was 22 jaar oud toe hy koning geword het, en hy het een jaar lank in Jerusalem regeer. Sy ma was Ataʹlia,+ die kleindogter* van Omri.+
-