-
2 Kronieke 23:18-21Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
18 Toe het Jojaʹda die verantwoordelikheid om oor die huis van Jehovah toesig te hou, aan die priesters en die Leviete gegee wat Dawid in afdelings ingedeel het om oor die huis van Jehovah toesig te hou en om die brandoffers van Jehovah te offer+ soos die Wet van Moses vereis.+ Hulle moes dit met blydskap en met liedere doen, volgens Dawid se instruksies. 19 Hy het ook die poortwagters+ by die poorte van die huis van Jehovah laat staan om te keer dat enigiemand wat onrein is, inkom. 20 Hy het toe die hoofde oor 100,+ die belangrike manne, die heersers en die hele volk saamgeneem, en hulle het die koning van die huis van Jehovah af deur die boonste poort na die koning se paleis geneem en die koning op die troon+ van die koninkryk laat sit.+ 21 Al die mense van die land was bly en daar was vrede in die stad, want hulle het Ataʹlia met die swaard doodgemaak.
-