-
2 Kronieke 33:11-13Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
11 Daarom het Jehovah die hoofde van die leërmag van die koning van Assiʹrië teen hulle gestuur, en hulle het Manasʹse met hake* gevange geneem, hom met twee koperboeie gebind en hom na Babilon geneem. 12 Toe dit so sleg met hom gegaan het, het hy Jehovah sy God om genade gesmeek,* en hy het nederig berou getoon voor die God van sy voorvaders. 13 Hy het tot God bly bid, en sy smeekgebed het God diep geraak. God het sy versoek om genade gehoor en hom weer koning in Jerusalem laat word.+ Toe het Manasʹse geweet dat Jehovah die ware God is.+
-