-
Jeremia 8:1, 2Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
8 “In daardie tyd,” sê Jehovah, “sal die beendere van die konings van Juda, die beendere van sy leiers, die beendere van die priesters, die beendere van die profete en die beendere van die inwoners van Jerusalem uit hulle grafte gehaal word. 2 Dit sal uitgesprei word voor die son en voor die maan en voor die hele leërmag van die hemel wat hulle liefgehad en gedien en gevolg en gesoek het en waarvoor hulle neergebuig het.+ Dit sal nie versamel of begrawe word nie. Dit sal soos mis op die oppervlak van die aarde word.”+
-