18 “Daarom sê Jehovah oor Jojaʹkim,+ die seun van Josiʹa, die koning van Juda:
‘Hulle sal nie oor hom treur en sê:
“Ag, my broer! Ag, my suster!” nie.
Hulle sal nie oor hom treur en sê:
“Ag, o heer! Ag, sy majesteit!” nie.
19 Met die begrafnis van ’n donkie sal hy begrawe word,+
rondgesleep en weggegooi
buite die poorte van Jerusalem.’+