-
2 Kronieke 1:11, 12Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
11 Toe het God vir Salomo gesê: “Omdat jy nie vir rykdom en eer of die dood van die mense wat jou haat gevra het nie en ook nie vir ’n lang lewe gevra het nie, maar dit eerder jou hartsbegeerte is om wysheid en kennis te hê sodat jy my volk kan rig waaroor ek jou koning gemaak het,+ 12 sal wysheid en kennis aan jou gegee word. Maar ek sal jou ook rykdom en eer gee soos geen koning voor jou gehad het nie en soos nie een ná jou sal hê nie.”+
-