3 Dawid het iemand gestuur om uit te vind wie die vrou is, en hy het vir hom kom sê: “Dit is Batseʹba,+ die dogter van Eliʹam,+ die vrou van Uriʹa,+ die Hetiet.”+
17 Toe die manne van die stad uitkom om teen Joab te veg, is party van Dawid se knegte doodgemaak, en Uriʹa, die Hetiet, was onder dié wat gesterf het.+
9 Hoekom het jy geen respek vir die woord van Jehovah getoon nie deur te doen wat sleg is in sy oë? Jy het Uriʹa, die Hetiet, met die swaard doodgemaak!+ Toe het jy sy vrou as jou vrou geneem+ nadat jy hom deur die swaard van die Ammoniete doodgemaak het.+
5 Want Dawid het gedoen wat reg is in die oë van Jehovah, en hy het sy hele lewe lank nie afgewyk van enigiets wat Hy hom beveel het nie, behalwe in die geval van Uriʹa, die Hetiet.+