-
Psalm 96:7-13Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
7 Gee Jehovah wat hy verdien, o families van die volke.
Gee Jehovah wat hy verdien weens sy heerlikheid en krag.+
8 Gee Jehovah die eer wat sy naam verdien.+
Bring ’n geskenk en kom in sy voorhowe in.
9 Buig voor Jehovah neer* in heilige klere.*
Bewe voor hom, almal op aarde!
10 Verkondig onder die nasies: “Jehovah het Koning geword!+
Die aarde* is stewig gevestig. Dit kan nie beweeg word* nie.
Hy sal die volke regverdig oordeel.”*+
11 Laat die hemel vreugdevol wees, en laat die aarde bly wees.
Laat die see en alles daarin dreun.+
12 Laat die veld en alles daarin vreugdevol wees.+
Hy kom om die aarde te oordeel.
-