-
Deuteronomium 12:1Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
12 “Julle moet sorg dat julle al die dae van julle lewe hierdie wetsvoorskrifte en regterlike bevele gehoorsaam in die land wat Jehovah, die God van julle voorvaders, aan julle sal gee om in besit te neem.
-
-
Deuteronomium 17:18, 19Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
18 Wanneer hy op die troon van sy koninkryk gaan sit, moet hy vir hom in ’n boek* ’n afskrif skryf van hierdie Wet, wat deur die Levitiese priesters gehou word.+
19 “Dit moet by hom bly, en hy moet al die dae van sy lewe daarin lees,+ sodat hy kan leer om Jehovah sy God te vrees en om al die woorde van hierdie Wet en hierdie wetsvoorskrifte te gehoorsaam deur dit te doen.+
-