-
1 Kronieke 16:41, 42Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
41 Saam met hulle was Heman en Jeduʹtun+ en die res van die manne wat by naam aangewys is om Jehovah te dank,+ want “sy lojale liefde duur vir ewig”.+ 42 Heman+ en Jeduʹtun het saam met hulle musiek gemaak met die trompette, simbale en die ander instrumente wat gebruik is om die ware God mee te prys.* En die seuns van Jeduʹtun+ was by die poort.
-
-
2 Kronieke 5:11, 12Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
11 Die priesters het toe uit die heiligdom uitgekom. (Al die priesters wat daar was, ongeag in watter afdeling hulle was,+ het hulleself geheilig).+ 12 Al die Levitiese sangers+ wat gelei is deur Asaf,+ Heman,+ Jeduʹtun+ en deur hulle seuns en broers, het klere aangehad wat van goeie materiaal gemaak was. Hulle het simbale, harpe en ander snaarinstrumente gehad, en hulle het oos van die altaar gestaan. En 120 priesters het by hulle gestaan en op trompette geblaas.+
-
-
2 Kronieke 35:15Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
15 En die sangers, die seuns van Asaf,+ het op hulle plekke gestaan volgens die bevel van Dawid,+ Asaf,+ Heman en Jeduʹtun,+ die siener van die koning. En die poortwagters was by die verskillende poorte.+ Dit was nie vir hulle nodig om hulle pos te verlaat nie, want hulle broers, die Leviete, het die Pasga-offer vir hulle voorberei.
-