-
2 Konings 22:3-6Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
3 In die 18de jaar van koning Josiʹa het die koning sy sekretaris, Safan, die seun van Asalʹja, die seun van Mesulʹlam, na die huis van Jehovah+ gestuur en gesê: 4 “Gaan na die hoëpriester Hilkiʹa+ en laat hom al die geld insamel wat in die huis van Jehovah ingebring word,+ wat die deurwagters by die volk ingesamel het.+ 5 Hulle moet dit gee vir die manne wat aangestel is om oor die werk in die huis van Jehovah toesig te hou. En hulle moet dit dan gee vir die werkers in die huis van Jehovah wat die skade aan* die huis moet herstel,+ 6 dit wil sê vir die ambagsmanne, die bouers en die messelaars. En hulle moet dit gebruik om balke en gekapte klippe te koop om die huis mee te herstel.+
-