3 Hy het die offerhoogtes herbou wat sy pa, Hiskiʹa, vernietig het,+ en hy het altare vir Baäl opgerig en ’n heilige paal* gemaak,+ net soos Agab, die koning van Israel, gedoen het.+ En hy het die hele leërmag van die hemel aanbid en hulle gedien.+
6 Hy het ook sy eie seun as ’n offerande in die vuur verbrand.* Hy het toorkuns beoefen, na tekens* gesoek+ en mense aangestel wat geeste oproep,* sowel as fortuinvertellers.+ Hy het baie dinge gedoen wat sleg is in Jehovah se oë en hom aanstoot gegee.
28Agas+ was 20 jaar oud toe hy koning geword het, en hy het 16 jaar lank in Jerusalem regeer. Hy het nie gedoen wat reg is in Jehovah se oë soos sy voorvader Dawid nie.+
3 En hy het offerrook in die Vallei van die Seun van Hinnom* laat opgaan en sy seuns in die vuur verbrand+ omdat hy die afskuwelike gebruike gevolg het van die nasies+ wat Jehovah voor die Israeliete uit verdryf het.