-
Eksodus 12:3-11Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
3 Praat met die hele gemeenskap van Israel en sê: ‘Op die tiende dag van hierdie maand moet elkeen ’n lam neem+ vir sy familie, ’n lam per huis. 4 Maar as die familie te klein is vir die lam, moet hulle* dit in hulle* huis met hulle* naaste bure deel. Hulle moet uitwerk hoeveel mense daarvan kan eet en dit dan tussen hulle verdeel. 5 Die dier moet sonder gebrek+ wees, ’n rammetjie van ’n jaar oud. Julle mag ’n skaap of ’n bok kies. 6 Julle moet vir die dier sorg tot die 14de dag van hierdie maand,+ en dan moet die hele gemeente van Israel dit slag wanneer dit skemer word.*+ 7 Hulle moet van die bloed neem en dit spat op die twee deurposte en die boonste deel van die deuropening van die huise waarin hulle dit eet.+
8 “‘Hulle moet die vleis op hierdie nag eet.+ Hulle moet dit oor die vuur braai en dit saam met ongesuurde brood+ en bitter kruie+ eet. 9 Moet niks daarvan rou eet of in water kook nie, maar braai dit oor die vuur, sy kop saam met sy pootjies en sy binnegoed. 10 Julle moet niks daarvan tot die oggend toe laat oorbly nie, maar wat daarvan tot die oggend toe oorbly, moet julle met vuur verbrand.+ 11 En dít is hoe julle dit moet eet: met julle lyfband om julle heupe vasgemaak,* met sandale aan julle voete en met julle staf in julle hand. Julle moet dit vinnig eet. Dit is Jehovah se Pasga.
-