Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • 1 Konings 8:14-21
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
    • 14 Toe het die koning omgedraai en gekyk na al die Israeliete wat daar gestaan het, en hy het hulle geseën.+ 15 Hy het gesê: “Mag Jehovah, die God van Israel, geloof word, die Een wat vervul het wat hy met sy eie mond aan my pa, Dawid, belowe het toe hy gesê het: 16 ‘Van die dag af dat ek my volk Israel uit Egipte uitgelei het, het ek nooit uit die stamme van Israel ’n stad gekies waarin ’n huis gebou moet word waar my naam geëer sou word nie.+ Maar ek het Dawid gekies om oor my volk Israel te wees.’ 17 En dit was my pa, Dawid, se hartsbegeerte om ’n huis vir die naam van Jehovah, die God van Israel, te bou.+ 18 Maar Jehovah het vir my pa, Dawid, gesê: ‘Dit is jou hartsbegeerte om ’n huis vir my naam te bou, en dit is goed dat jy dit wil doen. 19 Maar jy sal nie die huis bou nie. Jou seun wat vir jou gebore sal word, is die een wat die huis vir my naam sal bou.’+ 20 Jehovah het sy belofte gehou, want ek het my pa, Dawid, opgevolg en ek sit op die troon van Israel, net soos Jehovah belowe het. En ek het die huis vir die naam van Jehovah, die God van Israel, gebou,+ 21 en ek het ’n plek daar ingerig vir die Ark waarin die verbond van Jehovah is+ wat hy met ons voorvaders gemaak het toe hy hulle uit Egipte uitgelei het.”

Afrikaanse publikasies (1975-2026)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel