-
1 Konings 9:20-23Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
20 Wat al die mense betref wat oorgebly het van die Amoriete, die Hetiete, die Perissiete, die Hewiete en die Jebusiete,+ wat nie deel was van Israel nie+ 21 – dit wil sê die nakomelinge van hierdie volke wat in die land oorgebly het en wat die Israeliete nie kon vernietig nie – hulle is deur Salomo opgeroep om vir hom as slawe te werk, tot vandag toe.+ 22 Maar Salomo het die Israeliete nie slawe gemaak nie,+ want hulle was sy vegters, knegte, hoë amptenare, offisiere en hoofde van sy strydwadrywers en perderuiters. 23 Daar was 550 hoofde oor die beamptes wat toesig gehou het oor die werk van Salomo. Hulle was die voormanne oor die mense wat die werk gedoen het.+
-