-
2 Kronieke 24:20, 21Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
20 God se gees het oor Sagariʹa, die seun van die priester Jojaʹda,+ gekom, en hy het voor* die volk gaan staan en vir hulle gesê: “Dít is wat die ware God sê: ‘Hoekom is julle nie gehoorsaam aan Jehovah se gebooie nie? Julle sal nie suksesvol wees nie! Omdat julle Jehovah verlaat het, sal hy julle verlaat.’”+ 21 Maar hulle het teen hom saamgesweer.+ En hulle het hom op die koning se bevel in die voorhof van Jehovah se huis met klippe doodgegooi.+
-