-
1 Kronieke 23:27-30Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
-
-
27 Die Leviete wat 20 jaar en ouer was, is toe getel, volgens Dawid se laaste instruksies. 28 Hulle moes die seuns van Aäron help+ met die werk by die huis van Jehovah. Hulle moes ook toesig hou oor die voorhowe,+ die eetkamers, die reiniging van elke heilige ding en oor enige ander werk wat gedoen moes word by die huis van die ware God. 29 Hulle het gehelp met die voorbereiding van die stapelbrode,*+ die fynmeel vir die graanoffer, die ongesuurde platbrode,+ die bakplaatbrode en die gemengde deeg.+ Hulle was ook verantwoordelik vir al die gewigte en mate. 30 Hulle moes elke oggend en aand+ voor Jehovah gaan staan om hom te dank en te loof.+
-